1.Woonwapark 2.Familie Selfsorg-eenhede 3.Rivier boskamp 4.Rivier Park 5.Summer Splash 6.Ontspan & Geniet 7.Die Magtige Oranjerivier 8.Waterwiel wêreld

Welkom by Kalahari Water Vakansie Avontuur - Keimoes

Kalahari Water is ’n privaat ekotoerisme ontwikkeling op ’n wingerdplaas, 4km vanaf Keimoes op die paradyseilande van die magtige Oranjerivier.
Kalahari Water is die ideale oorstaanplek vir persone oppad tussen Pretoria en Kaapstad en as jy op reis is na die Wes-kus (Lambertsbaai), Richtersveld, Namakwaland, Kgalagadi Oorgrenspark. Kalahari Water is daar vir gesinne, jeuggroepe en alle natuurliefhebbers. 
• Geen Televisies
• Geriewe is toeganklik vir gestremdes
• Geriewe is troeteldier vriendelik

“Kalahari Water is soveel meer as net ’n vakansieplaas. Daar word gepoog om iets van die nostalgie van die kultuur historiese verlede te bewaar en te laat herleef. Die gewoel en gewerskaf van elke dag se werk op ’n wingerdplaas gaan voort, maar tussen die wingerde is kolle natuur wat jou roep, die geur van braaivleisvure en die klank van laggende mensestemme, kwetterende voëls en stil naglewe wat jou nader wink.

Die vakansie- en avontuur wingerdplaas is vanaf Julie 2003 in bedryf. Dirk en Hettie Malan die eienaars, is deel van die vierde geslag Malans wat op die gedeelte wat bekend is as Malanshoek, boer. Die gedeelte wat bekend was as Bokeiland en aan ene Klaas Bok behoort het sedert 1885 is gedurende 1926 deur Oupa-grootjie Jan (JC) gekoop, waarna Oupa Dirk op ‘n gedeelte en daarna Pa Pieter die aarde begin tem en ontwikkel het as besproeingsgrond. Die plaas bestaan uit 30ha wingerd en 33ha koprante.  Die huidige gastehuis en plaasdam (Oupa Piet se Dek)  se eerste fondasies is gedurende 1952 gegrawe, en daarna is met bouwerk begin.

Kalahari Selfcatering Units Kalahari Selfcatering Units

 

 
Kontak Ons

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 461 1521 / 2404
Sel: +27 (0) 82 495 7999
Faks: +27 (0) 86 600 5733
E-pos: info@kalahariwater.co.za

Posadres

Pos Bus 575
Malanshoek
Keimoes
8860